e-pos: cpg@dorwald.co.za Sel: 082 4532 899 Faks: 086 622 1695
“
Tuisblad
Dorwald se teelbeleid.
By Dorwald glo ons in streng seleksie. Deur streng te selekteer vir vrugbaarheid, behaal ons ‘n speenpersentasie van 168% in 2008, op ‘n
jaar-lamstelsel. Dit is juis met hierdie prestasie wat ons as Finalis Nasionale Skaapboer van die jaar 2008 aangewys is.
Geharde diere vanaf die veld is ook een van ons seleksie-metodes. Ons glo die koper betaal vir kwaliteit en nie vir oorvoerde diere nie.
In 2007 voer ons vyf dragtige ooie uit na Namibië. Met ons opvolgbesoek in 2008 was ons verras om te sien hoe goed die diere aangepas
het.
Alle lammers word op 100 dae en 207 dae geweeg. Hierdie gewigte word deur SA Stamboek verwerk om speen- en naspeen indekse te
kry, asook die ooie se reproduksie indekse. Hierdie inligting, tesame met BLUP-waardes, word gebruik om vervangingsooie vir die stoet te
selekteer en ook om soveel as moontlik kilogram vleis per ooi per jaar te produseer.
Bogenoemde seleksie-metodes word beloon toe SA Stamboek ons in 2008 as die Kleinvee stoetteler van die jaar aanwys.