e-pos: cpg@dorwald.co.za Sel: 082 4532 899 Faks: 086 622 1695
“
Tuisblad
Dorwald veilings - Geharde diere met uitstekende raseienskappe word jaarliks aangebied op die volgende veilings:
Riviersonderend - 6 Maart 2012
Ons trots is ons Produksieveilling wat sedert 2010 jaarliks te Blydskap, Riviersonderend aangebied word.
Met hierdie veiling stel ons ook van ons beste genetika beskikbaar aan ons plaaslike kopers. Hierdie veiling is die tweede week van Maart. Alle geregistreerde
ramme en ooie word aangebied met Blup-syfers. Kommersiële jong ooie word ook aangebied.
Bredasdorp - 26 Julie 2012
Elke laaste Donderdag van Julie word die Suid-Kaap Promosieveiling op die Megaterrein aangebied.
Bloemfontein - 6 September 2012
Dorwald neem sedert 1994 aan die Nasionale Dormer Veiling te Bloemfontein deel. Omdat dit ‘n Nasionale Veiling is, beskou ons dit as die toonvenster van ons
ras en word uitsonderlike diere aangebied.
Humansdorp - September 2012
Elke tweede week van September neem ons deel aan die Oos-Kaapse Bul- en Ramveiling te Humansdorp. Vol geregistreerde ramme en kommersiële ooie
word aangebied.