082 453 2899   cpg@dorwald.co.za  
Dorwald Boerdery se Geskiedenis

Dorwald Boerdery se Geskiedenis


Ek het my loopbaan as veeboer in 1986 begin. Ek het met merinos geboer en die dormer gebruik vir kruisteling. In 1989 het ek my eerste 7 stoet dormerooie by wyle Piet de Wet gekoop. In 1992 het ek nog ‘n dormerstoet bygekoop. In die vroee negentigs het  ons begin deelneem aan die Nasionale Veiling in Bloemfontein en so van die geleenheid gebruik gemaak om jaarvergaderings by te woon en deel te neem aan aktiwiteite wat daar aangebied is. Tans dien ek op die Raad van die Dormerskaaptelersgenootskap as Vise President en hanteer ook die portefeulje van tesouriere. Ek is ook deel van die keurderspaneel.

Die Dormer Ras

Die ras is oorspronklik by Elsenburg geteel met die doel om vroegryp slaglammers te teel. Hulle uitsonderlike moederseienskap, aanpasbaarheid, vrugbaarheid en benutter van swak ruvoer het my laat besliut dis die ras van die toekoms. Kortom, die dormer omskep die gouste en doeltreffendste weiding in kontant. Die ras pas ook perfek in by my gemengde boerdery van vee en kleingraan. In die somer benut hulle die stoppelweidings en in die winter loop hulle op aangeplante weidings. Dormerlammers is uitstekende kandidate vir ‘n voerkraal. Die jare wat ons baie voergrane het kan ons dit deur die afronding van lammers omsit in kontant.

Stoetteling

Die voordeel van stoetteling is soos om op jou horlosie te kyk en te weet hoe laat dit is - jy hoef nie te raai nie. Jy kan alles meet en presies weet watter bloedlyn werk en wat nie. Jy kan die beste genetika bekom of in ‘n sekere rigting teel wat die kopers van jou verwag. Stoetteling stel jou ook in staat om jouself aan andere te meet. Stoetteling is ‘n manier van lewe en nie sommer net nog iets om op jou plaas te doen nie.
Die nadele is administrasie, administrasie, administrasie!! Gelukkig leef ons in ‘n tyd van rekenaars en SA Stamboek het wonderlike stelsels in plek waarmee ons direkte handeling kan doen wat sake makliker,vinniger en meer akuraat maak.

Enige prestasie as stoetteler hang af van wat jou doel is. Ekself neem nie deel aan skoue nie, al-hoewel ek in die verlede al verskeie kampioene geteel en vertoon het.

Ons het ook nog nooit ‘n rekord prys vir ‘n ram of ooi op die Dormer Nasionale veiling behaal nie en ek sal ook seker nooit, want dis nie my doel nie  Ek glo aan die goue middeweg en nie aan uiterstes nie.  Ek voel diere vir die veilings word oorvoer en ek stel meer belang in genetika as in vet. Altwee kan jy koop, net teen ‘n wensenlike prysverskil.
Dorwald se ramme word van die veld af bemark en ons glo in ramme wat gehard is en goeie bespiering het. Ramme vir die veilings word afgerond in samewerking met ‘n oefenprogram.

Ek voel meer gemaklik om ‘n breë kopersmark oor die hele land te bedien. Ons het so 3 maande gelede die grootste enkel privaat transaksie binne die ras gedoen en 110 ramme op een slag aan een koper verkoop. Die kliënt was so tevrede dat ek eersdaag vir hom nog 100 ramme moet voorsien. Net so ‘n belangrike klient as wat hy is, is ook die koper wat elke jaar sy een of twee ramme kom koop.
Ons is ook die eerste dormerteler wat vroulike diere uitgevoer het na Namibië. Na twee opvolg besoeke om die nageslag te evalueer, is ons tevrede dat Dorwald se diere selfs oor die landsgrense heen aanpas.

 -
 -
 -
 -

Meer oor Christo

Ek is getroud met Beppie en uit die huwelik is ‘n tweeling seun en dogter,  Chris en Betro, en ‘n seun Herman gebore. Die hele gesin is betrokke by die stoet en moet instaan met vakansiedae en naweke oor lamtyd. Beppie is die regterhand met die administrasie en het haarself al bekwaam as junior beoordeelaar van die ras. Sy is ook ‘n geregistreerde verpleegkundige en tans studeer Verpleegonderig deur die Universiteit Stellenbosch.

My stokperdtjie bly maar my boerdery en die dormerras. Buitemuurs hou ons van kamp in stil afgelee plekke in die natuur. Ons gesin se voetspore le dwarsoor die Kgalagadi Oorgrenspark en Namibia.


Raad aan voornemende stoettelers

My raad aan voornemende stoettelers is om goed navorsing te doen oor die ras waarmee jy wil boer, kies iets waarvoor jy lief is dan sal jy ‘n sukses maak. Doen navorsing oor die ras, woon inligtingsdae by en doen soveel as moontlik kursuse. Stel vir jou ‘n doel wat en waarnatoe jy wil teel en hou daarby.

Moenie jou diere as kits kontant gebruik nie, m.a.w. moenie net na hulle kyk in ‘n swak graanjaar en jy kontant nodig het nie. In die area wat ek boer spandeer ons duisende rande aan presisie boerdery, gerekenaardiseerde planters en obrengsmonitors op ons stropers om die beste moontlike oes te produseer.  Hoekom dit nie doen met ons diere ook nie? Alle hulpmiddels om dit te doen is beskikbaar.  Om te meet is om te weet.

By Dorwald is ons grootste seleksie vrugbaarheid. Dit is nou maar eenmaal so dat vrugbaarheid koop tyd. ‘n Hoë seleksiedruk kan gehandhaaf word omdat daar genoeg vervangingsooie is. Alle diere kry net een kans om te produseer, anders word sy uitgeskot. Sentiment bring nie geld in nie.  Landbougrond in ons area is duur, sy moet produseer om haar huur te betaal of sy moet dit self betaal.
Met die aankoop van stoetramme sal ek altyd die lamrekord van die ram se ma nagaan. Die hoeveelheid lammers wat sy voortgebring het, die ouderdom wat sy was met eerste lamming en hoeveel sy gespeen het van dit wat sy voortgebring het is van kardinale belang. Ek wil ook weet wat het van haar nageslag geword en hoe hulle presteer het.

Raak betrokke by jou telersgenootskap en neem deel aan aktiwiteite wat hulle aanbied. Deel jou kundigheid en ervaring met mede telers. Dorwald bied van tyd tot tyd kursusse aan op die plaas en ekself help met opleiding en kursusse wat ook van tyd tot tyd in Bloemfontein aangebied word. Ons beplan om volgende jaar ‘n inligtingsdag op die plaas aan te bied wat meer praktiese aspekte sal insluit. 
Dorwald het in 2007 ‘n wissel trofee geskenk vir die beste stel vroulike diere op die Nasionale veiling en sodoende sy betrokkenheid by die ras verseker.

Lewe saam met die natuur. Ken jou area waarin jy boer en pas jou lam-  en - skeertye aan by jou weersomstandighede. Ons plant ook gewasse soos lupiene en gars aan waarvan ons genoeg oorhou vir ‘n voervloeiprogram vir die droeë somer maande.

Hou jou personeel ingelig en betrek hulle by jou besliute. Kweek by hulle dieselfde liefde en trots vir die ras wat jy het.  By Dorwald is ons bevoorreg om ‘n personeellid te hê wat die “oog” het vir goeie diere en diere gesondheid.

Gebruik kundige mense en organisasies in jou area. Dorwald is gelukkig om ‘n Landbou Maatskapy soos Overberg Agri (Rietpoel tak) op sy voorstoep te hê.
Alle keurings en besluitnemings oor ram-aankope en vervangingsooie word gedoen in samewerking met BKB se veldbeamte van Riviersonderend.
Die beste seleksie bly egter jou eie voetspore in jou kraal.
 
Eerlikheid en integriteit is ‘n moet.  Om ‘n naam op te bou vat jare maar die afbreek daarvan is gou.

Glo in jou Skepper en leef die talent wat hy jou gegee het uit. Glo in jouself en moenie dat menslike verskille binne die ras jou beinvloed nie

© Dorwald Dormers. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of Dorwald Dormers.
Second is because glare causes things to shine a bit and I think rolex replica sale likes the idea that their watches might attract a bit of onlooker attention because the crystal catches light. People who read rolex replica aBlogtoWatch a lot know that I've claimed to not like Rolex replica watches uk when I first started out liking watches. It wasn't that I didn't like Rolex, but rather that I simply wasn't interested. The designs bored me, and I can totally understand how that might be the fact with novice watch lovers. Over the years, I've increasingly become appreciative of simplicity and absolute functionality in many of my watches. No rolex replica sale is an "exciting or trendy" watch, but rather they are mature and sophisticated, and often timeless. That is part of the core appeal aside from the power of the hublot replica name. I'll admit that the Rolex name does carry some cachet with me, but mostly because after all is said and done, rolex replica uk the company is remarkably consistent and breitling replica sale stable.