KONSTITUSIE
van
RIVIERSONDEREND
RISIKOBEHEER
VERENIGING
|
INDEKS |
||
|
Paragraaf 1. 2. 3. 4. 5. 6. 7. 8. 9. 10. 11. 12. 13. 14. 15. 16. 17. 18. 19. 20. 21. 22. 23. 24. 25. |
Omskrywing Naam en Regspersoonlikheid Woordomskrywing Doelstelling Doelwitbereiking Lidmaatskap Heffings Lede- en Adresregister Bevoegdheid van Lede Samestelling van Vergaderings van Bestuur Eerste Bestuur en Jaarvergadering Magte en Pligte van Bestuur Pligte van die Voorsitter Pligte van die Sekretaris Pligte van die Tesourier Pligte van die Dagbestuur Fondse Inventaris van Toerusting Persoonlike Aanspreeklikheid Algemene Jaarvergadering Buitengewone Vergaderings Wysiging van Konstitusie Ontbinding Skriftelike Besluit Pligte van Lede Mediasie |
Bladsy 3 3 4 4 5 6 6 6 7 8 9 11 11 11 11 12 12 12 12 13 13 13 14 14 14 |
1. NAAM
EN REGSPERSOONLIKHEID
1.1 Die naam van die Vereniging is RIVIERSONDEREND RISIKOBEHEER VERENIGING;
1.2. Die Vereniging is ‘n Regspersoon wat in eie naam mag dagvaar of gedagvaar mag word en wie se bates en laste afsonderlik van dié van sy lede is. Die aanspreeklikheid van die lede is beperk tot onbetaalde lidmaatskapgelde en/of heffings en/of enige ander bedrag wat lede aan die Vereniging verskuldig mag wees;
1.3 Die lede van die Vereniging en/of die Bestuurslede is nie persoonlik aanspreeklik vir verliese wat vir die Vereniging of vir individuele lede van die Vereniging mag ontstaan nie; selfs nie waar sodanige verlies uit die optrede van Bestuurslede of lede voortspruit nie, mits sodanige optrede ter goedertrou en ooreenkomstig hierdie Konstitusie plaasgevind het.
2. WOORDOMSKRYWINGS
In hierdie Konstitusie, tensy dit uit die samehang anders blyk, sluit woorde wat die enkelvoud aandui, ook die meervoud in en omgekeerd; woorde wat manlike geslag aandui, ook vroulike geslag in en omgekeerd; woorde wat persone aandui, ook Regspersone en Trusts in, ‘n verwysing na maatskappy ook ander regspersone in en omsluit aandele dienooreenkomstiglik ook ledebelange in sodanige ander regspersone en beteken
|
2.1 2.2 2.3 2.4 2.5 2.6 2.7 2.8 |
“Vereniging” “Lede” “Bestuur” “Programleier” “Voeldoende Lede” “Kommunikeer” “bedieningsgebied” “eienaar” |
Riviersonderend Risikobeheer Vereniging; persone wat kragtens paragraaf 5 as lede van Riviersonderend Risikobeheer Vereniging erken word; die bestuurslede wat kragtens paragraaf 10 en in die toekoms kragtens paragraaf 9 verkies is om die bestuur van die Vereninging te behartig; ‘n persoon wat ‘n aktiwiteit van die Vereniging organiseer en/of lei; ‘n
getal lede, waardeur hul onderskeie heffings soos bepaal in paragraaf 6,
voldoende sal wees om die verpligtinge van die Vereninging te skriftelike kennisgewings en/of mondelings mededelings en/of vergaderings; landelike gebied soos aangedui op die aangehegte kaart; ook vruggebruiker, houer van habitatio en usus |
3. DOELSTELLING
Die hoofdoel, sonder inperking van die algemene bevoegdhede van die Vereniging, is om aan lede van die Vereniging die geleentheid te bied om kollektief gespesialiseerde risikobeheer dienste van outonome kontrakteurs te bekom, spesifiek vir die voorkoming en beperking van misdaad en algehele veiligheid van hul lede, hul familie, hul werknemers en hul eiendom en besittings in die bedieningsgebied waar die lede woonagtig is en/of waar hulle hul boerderyaktiwiteite beoefen en om:
3.1 paraatheid by sy lede vir die voorkoming en bekamping van misdaad aan te kweek;
3.2 by te dra tot die veiligheid en beskerming van hul lede, hul familie, hul werknemers en hul eiendom en besittings; en
3.3 aan sy lede die geleentheid te bied om mekaar in te lig, te waarsku en ‘n bydrae te lewer om voornoemde doel te bereik.
4. DOELWITBEREIKING
Die Vereninging sal sy doelstelling nastreef deur:
4.1 aanvanklik ‘n ooreenkoms met Millennium Management and Securities Services BK, synde ‘n outonome kontrakteur (hierna die diensverskaffer genoem) te beding en te sluit wie op ‘n voltydse basis vir ‘n periode van 36 (ses en dertig) kalendermaande, deur middel van ‘n operasionele span met toepaslike opleiding en vaardighede, professionele risikobeheer dienste aan die Vereninging en sy lede te lewer en vir hierdie doel sal:
4.1.1 die Vereniging twee geboude strukture of twee woonhuise, beide met elektrisiteit-
en watergeriewe, vir voormelde periode gratis aan die diensverskaffer beskikbaar
stel ; en
4.1.2 die Bestuur die terme, voorwaardes en verpligtinge vir gemelde ooreenkoms beding ;
4.1.3 die bestuur nie gemelde ooreenkoms aangaan, alvorens voldoende lede vir dié Vereninging gewerf is nie;
4.2 verdere ooreenkomste met ander diensverskaffers te ondersoek en verdere of opeenvolgende ooreenkomste, binne die finansiële vermoë van die Vereniging, te sluit;
4.3 heffings, soos bepaal in paragraaf 6, van lede te vorder om sodoende alle verpligtinge van die Vereniging na te kom;
4.4 aktief lede te werf
4.5 met alle relevante Owerhede, Die Suid-Afrikaanse Polisie, Georganiseerde Landbou se Veiligheidstrukture saam te werk om die doelstelling na te streef; en
4.6 gereeld te kommunikeer.
5. LIDMAATSKAP
5.1 Lidmaatskap is toeganklik vir alle persone wie:
5.1.1 die eienaar is van landbougrond en/of
5.1.2 die wettige okkupeerder is van landbougrond en/of
5.1.3 landbougrond, namens die eienaar daarvan bestuur en/of regmatiglik beheer, deur
bestuur goedgekeur word, met dien verstande dat die gemelde landbougrond,
gedeeltelik of ten volle, binne die bedieningsgebied geleë is en die lid die
doelstellings van die Vereniging eerbiedig en aan alle vereistes wat gestel mag word, voldoen.
5.2 Aansoek om lidmaatskap moet op die voorgeskrewe aansoekvorm gedoen word.
5.3 Lidmaatskap sal beëindig wees indien hy bedank deur drie kalendermaande skriftelike kennisgewing van beëindiging tot dien effekte aan die bestuur gee, met dien verstande dat ‘n lid se beëindiging slegs kan saamval met die beëindiging van ‘n ooreenkoms vermeld in paragraaf 4 hierbo.
5.4 Toekenning van lidmaatskap berus by die Bestuur.
5.5 Die ledetal van die Vereniging op enige tydstip is die aantal lede soos in hierdie paragraaf bepaal, volgens die lederegister omskryf in paragraaf 8.
6. HEFFINGS
Die bestuur is geregtig om geldelike heffings van lede te hef en te vorder en te verhoog, met dien verstande dat so ‘n verhoging dieselfde is as die jaarlikse inflasiekoers. Dit is dieselfde as Millenium Management dit verhoog volgens hul kontrak.
Gemelde heffings moet per enige debietorderstelsel gehef word en is maandeliks vooruit betaalbaar voor of op die 10de dag van elke maand, beginnende die maand waarin gemelde ooreenkoms met Millenium Management and Securities BK gesluit is of met enige ander of opvolgende diensverskaffer.
Die eerste maand se gelde sal per tjek saam met lidmaatskap ontvang word.
Die Bestuur is geregtig om van tyd tot tyd aan te dui waar gemelde heffings en aanvangsfooie betaalbaar is.
7. LEDE- EN LEDEREGISTER
‘n Lede- en adresregister van alle lede, soos omskryf in paragraaf 5 sal deur die Bestuur in stand gehou word.
8. BEVOEGDHEID VAN LEDE
Slegs lede is geregtig om ampte te beklee en te stem en elke lid, ongeag die grootte van sy heffings, sal een stem hę.
9. SAMESTELLING EN VERGADERINGS VAN DIE BESTUUR
9.1 ‘n Bestuur van minstens 5 (vyf) lede moet jaarliks op ‘n Algemene Jaarvergadering van lede verkies word, met inagneming van die bepalings van paragraaf 10 hierna.
9.2 Die Bestuur sal uit ‘n Voorsitter, Sekretaris, Tesourier en minstens 2 (twee) addisionele lede bestaan.
9.3 Die Voorsitter, Sekretaris en Tesourier sal ‘n Dagbestuur vorm.
9.4 Die Voorsitter sal deur aanwesige stemgeregtigde lede op die Algemene Jaarvergadering verkies word.
9.5 In die geval van ‘n staking van stemming tydens die verkiesing van die Voorsitter op die Algemene Jaarvergadering, sal die Voorsitter op ‘n Bestuursvergadering, binne 7 (sewe) dae na die Algemene Jaarvergadering deur die verkose Bestuurslede aangewys word.
9.6 Alle bestuursampte, met die uitsondering van die Voorsitter, behalwe in die geval van ‘n situasie soos omskryf in paragraaf 9.5, sal op die eerste Bestuursvergadering na die Algemene Jaarvergadering deur die Bestuur aangewys word.
9.7 Tussentydse vakatures op die Bestuur sal deur lede, wat deur die Bestuur gekoöpteer word, gevul word. Sodanig gekoöpteerde Bestuurslede sal volle bestuursmagte geniet.
9.8 Die
Bestuur
9.9 Die verkose Bestuur moet binne 21 (een en twintig) dae na die Algemene Jaarvergadering ‘n Bestuursvergadering belę en daarna volgens behoefte.
9.10 ‘n Kworum op ‘n Bestuursvergadering sal uit minstens 50% (vyftig persent) van die aantal dienende Bestuurslede, met uitsondering van gekoöpteerde Bestuurslede kragtens paragraaf 9.8, bestaan.
9.11 Alle besluite, buiten die vermeld in paragrawe 21 en 22, geskied by meerderheidsbesluit van die teenswoordige Bestuurslede, met dien verstande dat by staking van stemme, die voorsitter ‘n beslissende stem sal hę.
9.12 Die Bestuur se ampstermyn sal met die eersvolgende Algemene Jaarvergadering verstryk.
10. EERSTE BESTUUR EN JAARVERGADERING
Die eerste bestuur van die Vereninging is as volg, wie se aanstelling onmiddelik van krag is en van krag sal bly tot en met die eerste Algemene Jaarvergadering, wat nie later nie as 31 Oktober 2009 moet plaasvind, by gebreke waaraan enige lid of lede daarop geregtig sal wees om so ‘n vergadering te belę.
|
10.1 10.2 10.3 10.4 |
Voorsitter Sekretaris Tesourier Addisionele lede |
Hanrie Human Gert Terblanche Billy Theron Nico Human Jan van Deventer |
11. MAGTE EN PLIGTE VAN DIE BESTUUR
Die Bestuur sal:
11.1 die Vereniging ooreenkomstig hierdie konstitusie beheer;
11.2 die Vereniging se fondse bestee en/of belę;
11.3 alle aktiwiteite organiseer of laat organiseer en programleiers vir die aktiwiteite aanwys;
11.4 alle toerusting aankoop en toesig hou oor die beheer en gebruik daarvan;
11.5 enige lid wat van wangedrag beskuldig word, aanhoor en skors, sou dit die bevinding wees, hetsy vir ‘n bepaalde periode of lewenslank;
11.6 voorstelle of griewe met betrekking tot die Vereniging aanhoor en daaroor beslis;
11.7 sub-komitees aanstel waar hulle dit nodig mag vind;
11.8 volmag aan die Dagbestuur verleen om spesifieke aangeleenthede binne voorafbepaalde riglyne ten uitvoer te bring; en
11.9 lede en ander kundiges in ‘n raadgewende hoedanigheid, sonder stemreg, na Bestuursvergaderings uit te nooi;
11.10 ook gemagtig wees om:
11.10.1 ‘n bankrekening in die naam van die Vereniging te open, tjeks daarop te trek en gelde daarin te deponeer, wissels en waarborge daarteen te laat uitreik en wissels ten gunste van die Vereniging te bank, waar die bankrekening geopen is, vir invordering te oorhandig. Vir doeleindes van hierdie sub-paragraaf is die handtekening van enige twee van die Bestuurslede voldoende vir enige handeling met betrekking tot die bankrekening, mits die bevoegdheid aan ‘n enkele Bestuurslid of meer is. ‘n Bankrekening sluit ook rekeninge by erkende finansiële instellings in;
11.10.2 enige gelde voortspruitende uit hierdie Vereniging na hul onbeperkte goeddunke te belę, of andersins aan te wend teen sekuriteit of vir die aankoop of verkryging van enige eiendom, regte of belange, hetsy roerend of onroerend, hetsy liggaamlik of onliggaamlik en van watter aard ookal geleë en afgesien daarvan of dit ‘n verpligting op die Vereniging lę al dan nie;
11.10.3 enige belegging wat van tyd tot tyd deel uitmaak van die fondse van die Vereniging te gelde te maak of te wysig en om die opbrengs te herbelę in enige belegging hierkragtens gemagtig soos die Bestuurslede in hul absolute diskresie mag besluit;
11.10.4 van tyd tot tyd enige van die bates wat deel uitmaak van die Vereniging ten voordele te benut deur dit te verruil, te verkoop, te verhuur of op ‘n ander wyse daaroor te beskik en wanneer hulle hul reg om te verkoop uitoefen, hetsy dit by hierdie sub-paragraaf verleen word al dan nie, mag hulle genoemde verkoping na eie goeddunke per openbare veiling, openbare inskrywing of uit die hand laat plaasvind;
11.10.5 van tyd tot tyd enige bates, hetsy roerend of onroerend, ten voordele van die Vereniging te koop of te huur;
11.10.6 gedinge in te stel, in die alternatief of bykomend enige aksie of dispuut te onderwerp aan ‘n mediasieproses, enige aksie te verdedig of te skik en om alle aktes, volmagte en ander dokumente wat vir die doel nodig mag wees, te onderteken;
11.10.7 skenkings en/of erflatings aan die Vereniging en enige voorwaardes daaraan verbonde te aanvaar of te repudieer;
11.10.8 die advies van enige deskundige en/of professionele persoon op enige saak rakende die Vereniging in te win en om daarvolgens te handel of om sodanige deskundige aan te stel of in diens te neem om al die sake of sekere sake van die Vereniging te bestuur en om al die gelde en uitgawes aldus aangegaan as preferente vorderinge te betaal. Die Bestuur is nie verantwoordelik vir die versuim van sodanige persone of vir enige verlies wat deur sodanige aanstelling of indiensneming teweeg gebring word nie;
11.10.9 alle koste (insluitende rekenmeesters- en regskoste) en uitgawes deur die Bestuur aangegaan in verband met die administrasie van die Vereniging te vereffen en te betaal;
11.10.10 enige ooreenkoms vir die bevordering van die doelstelling van hierdie Vereniging te sluit met dien verstande altyd dat dit binne die finansiële vermoë van die Vereniging moet wees tydens sluiting van so ‘n ooreenkoms.
12. PLIGTE VAN DIE VOORSITTER
Die voorsitter sal:
12.1 die voorsitterstoel op alle vergaderings inneem; en
12.2 ‘n beslissende stem uitbring in geval van ‘n staking van stemme.
13. PLIGTE VAN DIE SEKRETARIS
Die sekretaris sal:
13.1 notule hou van alle vergaderings; en
13.2 kennis gee van alle vergaderings
14. PLIGTE VAN DIE TESOURIER
Die tesourier sal:
14.1 jaarliks voor of op 31 Oktober of die laaste werkdag daarvoor, ‘n Inkomste- en Uitgawerekening en ‘n Balansstaat opstel, aangesien die boekjaar van die Vereniging jaarliks op 30 Junie sluit; en
14.2 jaarliks voor of op 31 Oktober, in oorleg met die Bestuur, die Vereniging se begroting aan die Algemene Jaarvergadering voorlę.
15. PLIGTE VAN DIE DAGBESTUUR
Die Dagbestuur sal:
15.1 die daaglikse bestuursfunksies van die Vereniging behartig en die administratiewe besluite daarvoor neem;
15.2 geen uitvoerende magte geniet nie, behalwe in gevalle waar sodanige magte kragtens paragraaf 11.8 deur die Bestuur verleen word; en
15.3 uitvoering gee aan opdragte deur die Bestuur kragtens paragraaf 11.8.
16. FONDSE
16.1 Die fondse van die Vereniging sal deur die Bestuur beheer word.
16.2 Die fondse van die Vereniging sal by ‘n bankinstelling wat deur die Bestuur goedgekeur is, belę word.
16.3 Alle uitgawes moet deur die Bestuur goedgekeur en genotuleer word.
16.4 Alle uitgawes moet deur twee Bestuurslede gemagtig word.
17. INVENTARIS VAN TOERUSTING
‘n Opname van die Vereniging se toerusting moet jaarliks voor of op die laaste werksdag van September deur die verantwoordelike Bestuurslid gemaak word.
18. PERSOONLIKE AANSPREEKLIKHEID
Die lede van die Bestuur van die Vereniging en programleiers deur die Bestuur aangewys, is nie persoonlik aanspreeklik vir verlies wat vir die Vereniging of vir lede of besoekers van die Vereniging mag ontstaan nie; selfs nie waar sodanige verlies uit die optrede van Bestuurslede, programleiers, lede of besoekers voortspruit nie, mits sodanige optrede ter goedertrou en ooreenkomstig hierdie konstitusie plaasgevind het.
19. ALGEMENE JAARVERGADERING
19.1 ‘n Algemene Jaarvergadering moet jaarliks voor die einde van Oktober gehou word.
19.2 Kennisgewing van ten minste 14 (veertien) dae van die Algemene Jaarvergadering moet aan die lede gegee word.
19.3 Die volgende sake moet op die Algemene Jaarvergadering behandel word:
19.3.1 Notule van die vorige Algemene Jaarvergadering;
19.3.2 Voorsittersverslag;
19.3.3 Finansiële Verslag;
19.3.4 Inventaris van toerusting;
19.3.5 Verkiesing van nuwe Bestuur; en
19.3.6 Algemeen.
19.4 20% (twintig persent) van die lede sal ‘n kworum vorm.
19.5 Alle besluite, buiten die vermeld in paragrawe 21 en 22, geskied by meerderheidsbesluit van die teenwoordige stemregtelike lede.
19.6 Indien ‘n kworum nie binne 10 (tien) minute na die tyd waarvoor die vergadering belę is, verkry word nie, sal die Bestuur binne 14 (veertien) dae ‘n tweede vergadering belę. Die aantal lede dan teenwoordig sal outomaties ‘n kworum vorm.
20. BUITENGEWONE VERGADERINGS
20.1 ‘n
Buitengewone vergadering
20.1.1 in opdrag van die Bestuur; of
20.1.2 op skriftelike versoek van minstens 10 (tien) lede.
20.2 Kennisgewing van die doel, datum, tyd en plek moet minstens 14 (veertien) dae vooraf aan lede gegee word.
20.3 20% (twintig persent) van die lede sal ‘n kworum vorm en indien ‘n kworum nie binne 10 (tien) minute na die tyd waarvoor die vergadering belę is, verkry word nie, sal die Bestuur binne 14 (veertien) dae ‘n tweede vergadering belę. Die aantal lede dan teenwoordig sal outomaties ‘n kworum vorm.
20.4 Alle besluite, buiten die vermeld in paragrawe 21 en 22, geskied by meerderheidsbesluit van die teenwoordige stemgeregtigde lede.
21. WYSIGING VAN KONSTITUSIE
Hierdie konstitusie
22. ONTBINDING
22.1 Die
Vereniging
22.2 By ontbinding sal 75% (vyf en sewentig persent) van die teenwoordige stemgeregtigde lede op ‘n spesiale vergadering besluit oor die aanwending van al die bates.
23. SKRIFTELIKE BESLUIT
‘n Skriftelike besluit onderteken deur al die Lede sal dieselfde regskrag hę as ‘n konsensus besluit geneem op ‘n behoorlike gekonstitueerde vergadering van Lede.
24. PLIGTE VAN LEDE
Die lede sal:
24.1 maandelikse heffings, soos voormeld bepaal, stiptelik betaal; en
24.2 ondersteunende samewerking aan die Vereniging verleen en aan redelike versoeke van die Vereniging en/of gemelde outonome kontrakteurs voldoen, wat sal insluit maar nie beperk sal wees nie tot die verlening van toegang aan die outonome kontrakteur tot die lid se eiendom of enige deel daarvan.
25. MEDIASIE
Indien daar ‘n geskil tussen die Bestuur of tussen die Bestuur en enige Lid ontstaan in verband met die uitleg of toepassing van die bepalings van hierdie konstitusie of enige besluit of die geldigheid van enige dokumente deur die Bestuur verskaf in navolging van die bepalings van hierdie konstitusie, sal elke Lid of die Bestuur, na gelang van die geval, alvorens hy hom kan wend tot litigasie, verplig wees om sodanige dispuut of geskil wat uit hierdie konstitusie voortspruit, te verwys vir mediasie. Ongeag die dispuut, sal die Bestuur self ooreenkom op ‘n mediator. Die mediator sal die prosedure en terme van die mediasieproses bepaal. Indien die Bestuur of die Bestuur se lid:
25.1 nie tot ‘n mediator
25.2 nie tot ‘n ooreenkoms
25.3 die mediasieproses onredelik vertraag
sal sodanige Lid of Bestuur dan geregtig wees om hom te wend tot litigasie.
NAMENS RIVIERSONDEREND RISIKOBEHEER VERENIGING
AS GETUIES:
1. …………………………………….. ………………………………….....
VOORSITTER
2. …………………………………….. …………………………………….
DATUM
AS GETUIES:
1. …………………………………….. ………………………………………
SEKRETARIS
2. …………………………………….. ………………………………………
DATUM